Skip to main content

Vestaalse maagd Inhoud Geskiedenis | Orde van die maagde | Verwysings | Eksterne skakels | Navigasie-keuseskerm9.5–10"Letter to Emperor Valentianus", Letter #18, Ambrosep.280"The New History", 5:38, Zosimus"Ancient Rome's maidens – who were the Vestal Virgins?""Life of Numa Pompilius", Plutarch, 9.5–10, 2de eeu n.C."The Fall of a Vestal"Artikel Vestales in Smith's Dictionary of Greek and Roman AntiquitiesHouse of the Vestal Virgins

Mense volgens religiesRomeineSeksualiteit


antieke RomeLatynVestaLiviusPlutarchusAulus GelliusNuma PompiliusItaliaanseServius TulliusSullaJulius CaesarAugustusPlinius die ouereChristelikeTheodosius IpuberteitMarcus Antoniusfallusincestumselibaat












Vestaalse maagd




in Wikipedia, die vrye ensiklopedie






Jump to navigation
Jump to search




’n Vroeg-18de-eeuse uitbeelding van die inwyding van ’n Vestaalse maagd, deur Alessandro Marchesini.


In antieke Rome was die Vestaalse maagde (Latyn: Vestālēs; enkelvoud:Vestālis) priesteresse van Vesta, die godin van die vuurherd. Die orde van die Vestaalse maagde en die welsyn daarvan is beskou as fundamenteel vir die voortbestaan en sekuriteit van Rome. Hulle het die heilige vuur bewaak wat nooit toegelaat is om dood te gaan nie. Die maagde was kwytgeskeld van die gewone sosiale verpligting om te trou en kinders te hê, en het ’n eed van kuisheid afgelê sodat hulle hulle kon wy aan die bestudering en handhawing van staatsrituele wat vir manlike priesters buite perke was.




Inhoud





  • 1 Geskiedenis

    • 1.1 Virgo Vestalis Maxima



  • 2 Orde van die maagde

    • 2.1 Keuse


    • 2.2 Take


    • 2.3 Strawwe



  • 3 Verwysings


  • 4 Eksterne skakels




Geskiedenis |




’n Romeinse standbeeld van ’n Virgo Vestalis Maxima.


Livius, Plutarchus en Aulus Gellius skryf die stigting van die Vestaalse maagde as ’n staatsondersteunde priesterorde toe aan koning Numa Pompilius, wat omstreeks 717-673 v.C. regeer het. Volgens Livius het Numa die orde ingestel en salarisse uit die staatskis aan hulle betaal, en het die orde sy oorsprong gehad in Alba Longa, ’n antieke Italiaanse stad.[1] Volgens Plutarchus het Numa die eerste twee priesteresse aangestel; Servius Tullius het hulle vermeerder tot vier.[2] Ambrose verwys na ’n sewende een in die laat oudheid.[3] Numa het ook die pontifex maximus (hoogste priester) aangestel om oor die maagde te waak.


Die Vestaalse maagde het ’n invloedryke mag in die Romeinse staat geword. Toe Sulla die jong Julius Caesar in sy proskripsie (voëlvryverklaring) insluit, het die maagde ingegryp en kwytskelding vir Caesar gekry.[4]


Augustus het die Vestaalse maagde ingesluit in alle groot seremonies. Mense het ontsag vir hulle gehad en gedink hulle het sekere towerkragte. Plinius die ouere het byvoorbeeld in die bespreking van towerkrag in Boek 28 van sy Natuurgeskiedenis die volgende as waarheid verkondig:[5]


In die huidige tyd word ook algemeen geglo ons Vestaalse maagde het die mag om deur ’n sekere gebed die vaart van vlugtelingslawe te stop en hulle net daar gevange te hou, solank hulle nie buite die stadgrense is nie.

Die orde van die Vestaalse maagde is in 394 ontbind en die heilige vuur geblus op bevel van die Christelike keiser Theodosius I. Zosimus vertel hoe die Christelike edelvrou Serena, die niggie van Theodosius, die tempel binnegegaan, die godin se halssnoer van haar standbeeld afgehaal en dit om haar eie nek gehang het.[6] ’n Ouer vrou het toe te voorskyn gekom, die laaste van die Vestaalse maagde; sy het Serena bestraf en gesê sy sal boet vir haar oneerbiedigheid.[7] Volgens Zosimus het Serena toe verskriklike drome gekry wat haar eie voortydige dood voorspel het.



Virgo Vestalis Maxima |


Die hoofmaagd (Virgo Vestalis Maxima of Vestalium Maxima) het toesig oor die maagde gehou. Die laaste bekende een was Coelia Concordia, wat in 394 uitgetree het met die ontbinding van die orde.



Orde van die maagde |


Die Vestaalse maagde het voor puberteit by die orde aangesluit, tussen die ouderdomme van 6 en 10, en het ’n eed van kuisheid vir 30 jaar afgelè.[8] Dié tydperk is in drie dekades ingedeel waarin die maagd onderskeidelik ’n student, dienskneg en leermeesteres was. Daarna is hulle vervang en het hulle afgetree. Ná haar aftrede het sy ’n pensioen gekry en kon sy trou.[9] Die Pontifex Maximus, wat as die pa van die bruid opgetree het, het gewoonlik ’n huwelik vir haar gereël met ’n plaaslike Romeinse edelman. ’n Huwelik met ’n Vestaalse maagd was ’n groot eer. Dit het ook goeie geluk gebring – wat nog belangriker in antieke Rome was – en ’n skaflike pensioen beteken.



Keuse |




Oorblyfsels van die huis van die Vestaalse maagde en Tempel van Vesta op die Palatyn.


Om tot die orde toegelaat te word, moes ’n meisie geen fisieke en geestelike gebreke gehad het nie, albei haar ouers moes nog geleef het en sy moes die dogter van ’n vrygebore burger van Rome wees. Van omtrent die middel van die republikeinse tydperk het die pontifex maximus die maagde uit ’n groep van 20 meisies uit goeie huise gekies op ’n byeenkoms van al die families en ander burgers.[10][11]


Wanneer ’n Vestaalse maagd gesterf het en vervang moes word, was dit nie nodig dat die nuwe priesteres so jonk of selfs ’n maagd hoef te gewees het nie; sy kon ’n weduwee of selfs geskeide vrou wees. Sy was egter selde ouer as die maagd wat oorlede is.



Take |


Hul take het ingesluit om Vesta se heilige vuur in stand te hou, water uit ’n heilige fontein te gaan haal, kos te berei wat in rituele gebruik is en heilige voorwerpe in die tempel te bewaak.[12] Deur die instandhouding van Vesta se vuur, waarvan enigiemand vuur kon kry vir huishoudelike gebruik, was die maagde "surrogaat-huishoudsters", in ’n godsdienstige sin, vir die hele Rome.


Hulle het ook die testamente van sekere mense soos Caesar en Marcus Antonius bewaar. Van die heilige besittings wat hulle moes oppas, was die Palladium, ’n ou beeld van die godin Pallas Athena (Minerva), en ’n spesiale fallus.



Strawwe |


Om Vesta se heilige vuur te laat doodgaan, was ’n ernstige pligsversuim. Dit het beteken die godin het haar beskerming van die stad onttrek. Maagde wat daaraan skuldig was, is gegesel of geslaan.[13]


Daar is geglo die kuisheid van die maagde het ’n direkte uitwerking op die welsyn van die Romeinse staat. Wanneer hulle in die orde opgeneem is, het hulle die gesag van hul vaders agtergelaat en dogters van die staat geword. Enige seks met ’n burger is dus beskou as incestum en verraad.[14] Die straf vir die verbreking van die eed van selibaat was om lewend in ’n tombe begrawe te word, want dit was verbode om hul bloed te vergiet.



Verwysings |




  1. Livius, Ab Urbe Condita Libri, 1:20.


  2. "Life of Numa Pompilius" 9.5–10.


  3. “"Letter to Emperor Valentianus", Letter #18, Ambrose”. Newadvent.org. URL besoek op 2012-11-19.


  4. Suetonius, "Julius Caesar", 1.2.


  5. Plinius(1855), Natuurgeskiedenis, Volume 5, p.280.


  6. “"The New History", 5:38, Zosimus”. Tertullian.org. URL besoek op 2012-11-19.


  7. "The Curse of the Last Vestal", Melissa Barden Dowling, Biblical Archaeology Society, Archaeology Odyssey, Januarie/Februarie 2001 4:01.


  8. Lutwyche, Jayne (2012-09-07). "Ancient Rome's maidens – who were the Vestal Virgins?". BBC. Besoek op 2012-11-23. 


  9. “"Life of Numa Pompilius", Plutarch, 9.5–10, 2de eeu n.C.”. Stoa.org. URL besoek op 2012-11-19.


  10. "Vestal Virgins", Encyclopædia Britannica, Ultimate Reference DVD, 2003.


  11. Kroppenberg, Inge, "Law, Religion and Constitution of the Vestal Virgins," Law and Literature, 22, 3, 2010, pp. 426 - 7.


  12. "Vestal Virgins", Encyclopædia Britannica, Ultimate Reference Suite, 2003.


  13. Culham, Phyllis, in Flower, Harriet I., (red.) The Cambridge Companion to the Roman Republic, 2de uitg., Cambridge University Press, 2014, p. 143 ISBN 9781107669420


  14. "Vestal Virgins – Chaste Keepers of the Flame", Melissa Barden Dowling, Biblical Archaeological Society, Archaeology Odyssey, Januarie/Februarie 2001 4:01.



Eksterne skakels |


  • Rodolfo Lanciani (1898) "The Fall of a Vestal", hoofstuk 6, in Ancient Rome in the Light of Recent Discoveries. Houghton, Mifflin and Company, Boston en New York, 1898.

  • Artikel Vestales in Smith's Dictionary of Greek and Roman Antiquities

  • House of the Vestal Virgins


  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vestaalse maagd.


  • Crystal txt.png Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia




Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Vestaalse_maagd&oldid=1893555"










Navigasie-keuseskerm


























(window.RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgPageParseReport":"limitreport":"cputime":"0.132","walltime":"0.170","ppvisitednodes":"value":533,"limit":1000000,"ppgeneratednodes":"value":0,"limit":1500000,"postexpandincludesize":"value":3847,"limit":2097152,"templateargumentsize":"value":1274,"limit":2097152,"expansiondepth":"value":7,"limit":40,"expensivefunctioncount":"value":0,"limit":500,"unstrip-depth":"value":0,"limit":20,"unstrip-size":"value":5877,"limit":5000000,"entityaccesscount":"value":0,"limit":400,"timingprofile":["100.00% 105.938 1 -total"," 86.53% 91.672 1 Sjabloon:Verwysings"," 59.60% 63.136 1 Sjabloon:Cite_news"," 8.24% 8.727 3 Sjabloon:Cite_web"," 4.58% 4.853 1 Sjabloon:Quote"," 2.61% 2.761 1 Sjabloon:Column-count"," 2.56% 2.717 1 Sjabloon:Commons-kategorie_inlyn"],"scribunto":"limitreport-timeusage":"value":"0.026","limit":"10.000","limitreport-memusage":"value":1325862,"limit":52428800,"cachereport":"origin":"mw1269","timestamp":"20190409210008","ttl":2592000,"transientcontent":false);mw.config.set("wgBackendResponseTime":111,"wgHostname":"mw1255"););

Popular posts from this blog

Wikipedia:Vital articles Мазмуну Biography - Өмүр баян Philosophy and psychology - Философия жана психология Religion - Дин Social sciences - Коомдук илимдер Language and literature - Тил жана адабият Science - Илим Technology - Технология Arts and recreation - Искусство жана эс алуу History and geography - Тарых жана география Навигация менюсу

Bruxelas-Capital Índice Historia | Composición | Situación lingüística | Clima | Cidades irmandadas | Notas | Véxase tamén | Menú de navegacióneO uso das linguas en Bruxelas e a situación do neerlandés"Rexión de Bruxelas Capital"o orixinalSitio da rexiónPáxina de Bruselas no sitio da Oficina de Promoción Turística de Valonia e BruxelasMapa Interactivo da Rexión de Bruxelas-CapitaleeWorldCat332144929079854441105155190212ID28008674080552-90000 0001 0666 3698n94104302ID540940339365017018237

What should I write in an apology letter, since I have decided not to join a company after accepting an offer letterShould I keep looking after accepting a job offer?What should I do when I've been verbally told I would get an offer letter, but still haven't gotten one after 4 weeks?Do I accept an offer from a company that I am not likely to join?New job hasn't confirmed starting date and I want to give current employer as much notice as possibleHow should I address my manager in my resignation letter?HR delayed background verification, now jobless as resignedNo email communication after accepting a formal written offer. How should I phrase the call?What should I do if after receiving a verbal offer letter I am informed that my written job offer is put on hold due to some internal issues?Should I inform the current employer that I am about to resign within 1-2 weeks since I have signed the offer letter and waiting for visa?What company will do, if I send their offer letter to another company